Suidwyk 

KONTAK NUUSBRIEF - 21 Oktober 2009

Jesus kom vandag na jou toe!

 
Ek lees onlangs die verhaal van ‘n tannie wat baie naby aan die Here geleef het. Sy het alleen in haar huis gebly en was baie eensaam. Een aand toe sy besig was om te bid kry sy die boodskap van Jesus: Hy sal die volgende dag vir haar kom kuier.
 
Die volgende oggend is sy vroeg op om haar huisie netjies skoon te maak en alles gereed te kry. Op ‘n stadium is daar ‘n klop aan die deur, dis die buurvrou wat wou kom kuier. Die tannie sê toe vir haar dis nie nou geleë nie, sy is besig om haar huis skoon te maak vir ‘n belangrike gas wat kom kuier. Later die dag klop daar ‘n hawelose man, wat kos soek. Die tannie sê vir hom: dis nie nou geleë nie, ek verwag ‘n belangrike gas, maar kom more dan help ek jou.
 
Die aand is die tannie baie teleurgesteld, want Jesus het nooit opgedaag nie. Toe sy bid en vir Jesus vra waarom Hy nie gekom het soos hy belowe het nie, antwoord Hy: “Ek het vandag twee maal aan jou deur geklop maar jy was te besig om my ontvang.”
 
Jesus sê : “Toe Ek honger was het julle my kos gegee, toe ek dors was het julle My iets gegee om te drink; toe ek ‘n hawelose vreemdeling was,het julle my in julle huise ontvang, toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir my klere gegee; toe Ek siek was het julle na my omgesien; toe ek in die tronk was het julle my opgesoek. Dan vra die mense vir Jesus wanneer het dit gebeur? En Hy antwoord hulle : “Ek verseker julle : As julle iets hiervan aan een van my broer of suster gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigstes onder hulle, het julle dit vir my gedoen.”   (Matt 25:31- 46)
 
Maak dit jou ook opgewonde om te dink dat Jesus dalk vandag iewers langs die pad by jou op die trein, op ‘n sypaadjie, by die kantoor, in jou huis, jou gaan besoek?
 
Ek weet daar is baie nood en ons kan nie ooral help nie. Ons het nie onbeperkte middelle nie. Jy sal ‘n keuse moet maak waar jy gaan help en wat jy kan doen en nie kan doen nie. Ek besef ook daar is mense wat die situasie misbruik en wat van bedel ‘n loopbaankeuse gemaak het. Ek was onlangs ook weer ‘n slagoffer van ‘n professionele bedelaar wat my bedrieg het. Vir hulle moet die antwoord beslis nee wees.
 
Die belangrikste vraag bly egter: Is jy beskikbaar en sensitief vir die nood rondom jou?. Wat gaan jy vandag doen om waar daar werklik nood is, ‘n verskil te maak? As jy te besig is en nie tyd het om by die nood van mense betrokke te raak nie, dan is dit so: jy is eenvoudig te besig en dan mis jy wonderlike geleenthede wat op jou pad kom.
 
Gebed:
Here maak my oë oop vir die nood van mense en wys my waar ek vandag ‘n verskil kan maak. Here maak my asseblief sensitief vir die ontmoetings wat U vandag vir my gereël het.
 
Amen
  

Ockie Raubenheimer

  


 

Vir jou Dagboek

 

 

~~ONTHOU!  Die tyd skuif 'n uur terug hierdie naweek~~

 

Sondag 1 November

 

11:00 Ashford diens te Sutton Valence ME17 3HL www.sagemeente.com/ashford

 

 

Sondag 8 November

 

10:00 Erediens, King's College, Guildford, GU2 8DU

 

 

Spesiale Damesoggend

.

Saterdag 14 November 10:00 – 14:00

 
Tema: Vier Seisoene vroue!
Kaartjies kos £5 en sluit 'n heerlike middagete in
Geleentheid vir stalletjies vir kers-inkopies.
Daar is ook ‘n Tuisnywerheid-tafel. Bring jou gebak of handwerk en kom verdien ‘n paar ekstra ponde!   
Kontak die kerkkantoor vir meer inligting        

 

 
 

 


Kontak Argief:
Kontak - 21 Julie 2010
Kontak - 23 Junie 2010
Kontak - 8 Februarie 2010
Kontak - 7 Januarie 2010
Kontak - 9 Desember 2009
Kontak - 19 November 2009
Kontak - 5 November 2009
Kontak - 21 Oktober 2009
Kontak - 7 Oktober 2009