Suidwyk 

KONTAK NUUSBRIEF - 19 November 2009

Reis met min bagasie

 
Die Bybel leer ons: gelukkige mense, is hulle wat daarin slaag om van die onnodige bagasie in die lewe ontslae te raak.
 
Ek staan onlangs by die lughawe agter iemand wat besig is om twee groot tasse te probeer inweeg. Haar bagasie was hopeloos te veel en dit was ver oor die toelaatbare gewig. In ‘n poging om die tasse ligter te maak het die vrou haar bagasie heen en weer gepak. Ek was verbaas oor hoe vindingryk sy probeer het om die bagasie te verminder. Sy het selfs ekstra klere begin aantrek. Ongelukkig kon sy net een paar skoene aankry.  Op die ou einde het sy geen keuse gehad nie, sy moes eenvoudig van haar onnodige bagasie ontslae raak. Sy kon nie al haar bagasie op die vliegtuig saamneem nie.
 
Paulus skryf in Fillipense 3 van sy geestelike reis: Een ding doen ek, ek maak my los van wat agter is en ek strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.
 
Stel jou voor: ‘n maraton atleet met ‘n rugsak op. Dis tog totaal onnodig. En tog gebeur dit dat mense aan die wedloop van die lewe deelneem terwyl hulle baie swaar dra aan die bagasie van die verlede. Ek loop gereeld sulke mense raak. Hulle dra swaar aan bagasie uit hulle ouerhuis, dinge wat gebeur het in hulle kinderdae, familie twis wat oor jare kom, selfverwyt oor ‘n  huwelik wat op die rotse beland het, wantroue oor vennote en sake transaksies wat verkeerd geloop het. Dan is daar nog die bagasie van onnodige dinge wat kerkmense gedoen het en wat blywende geloofsletsels gelos het. Dan praat ons nie eers van die politieke bagasie en die rassekonflik wat so baie mense met hulle saam dra nie.
 
Paulus sê: Een ding doen ek, ek maak my los van agter is, en ek strek my uit na wat voor is.  Jy sê: Paulus kan maklik praat, hy was nie in my skoene nie. Dis waar, maar onthou Paulus is onskuldig in die tronk gestop toe hy oor hierdie dinge geskryf het. Hy erken self dis nie maklik om van die bagasie van die verlede ontslae te raak nie. Oor homself skryf hy:  Fil 3:12 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.
 
Hoe meer bagasie jy dra hoe moeiliker word die lewe en hoe minder is die vreugde. Gelowiges weet, dat Christus reeds ons sondige bagasie van die verlede weggevat het. Dis onnodig dat jy langer die bagasie van die verlede met jou saam dra. Los dit by die kruis, moenie dit weer optel nie. Dis hoe Jesus ons geleer het om te bid: Vergeef ons ons oortredinge soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree.
 
Gelukkige mense weet hoe om van hulle onnodige bagasie ontslae te raak.
 
Bid: Here ons wil nie langer onnodig swaar dra nie. Vergewe ons ons oortredinge soos ons die vergewe wat teen ons oortree.

 

Ockie Raubenheimer

  


 

Vir jou Dagboek

 
 

 1 Kerssangdiens 22 Nov 09

 

 

 

Sondag 29 November 

 

GEEN GUILDFORD DIENS NIE - 5de Sondag van die maand

 

 

 Sondag 6 Desember

 

11:00 Ashford diens te Sutton Valence ME17 3HL   www.sagemeente.com/ashford

 

 

 Sondag  13 Desember

 

10:00 Erediens, King's College, Guildford, GU2 8DU

 

 

 25 Desember

 

GEEN KERKDIENS NIE, maar kom die 27ste.  Ons eet na die tyd ook lekker saam.

 

 

27 Desember

 

10:00 Erediens en Doop, Kings College, Guildford, GU2 8DU

 
 
 

 


Kontak Argief:
Kontak - 21 Julie 2010
Kontak - 23 Junie 2010
Kontak - 8 Februarie 2010
Kontak - 7 Januarie 2010
Kontak - 9 Desember 2009
Kontak - 19 November 2009
Kontak - 5 November 2009
Kontak - 21 Oktober 2009
Kontak - 7 Oktober 2009