|
|
Deel jou gedagtes hier ...
|
|
| Sonneblom | | Dis einde-Oktober en in my tuin staan vier sonneblomme nog en blom. Ek kyk hulle so uit my kombuisvenster en dink hoe uit hulle plek hulle daar lyk. Hulle hoort eerder iewers op 'n Wes-Transvaalse vlakte in die warm Afrika-son tussen honderde ander sonneblomme - kop omhoog. En ek dink hoe ek soos een van daardie sonneblomme voel - ek blom waar ek geplant is, maar sou ook eerder iewers in die warm Afrika-son tussen honderde ander sonneblomme wou wees - kop omhoog ...
| | Alda Erasmus 28/10/2009 23:19 | Write a reply |
|
|
|
start of topic
|
|
|