Londen 

Kidz en Tieners 

Oppassers van babas en kleuters (+/- 0 tot 3 jaar)

  -  Ons pas julle oogappels op tydens die oggend- en aanddiens.

  -  Ons speel hulle flou en leer hulle dat kerk en maatjies en Jesus COOL is!

  -  Bogenoemde gebeur terwyl julle as ouers na die boodskap kan luister.

  -  Speelgoed is daar oorgenoeg en entoesiasme te veel!

  -  Ons verskaf:

                 -  Water en appelsap as verversings vir die kidz

                -  Bring gerus jou kleinding se “eie sak” met sy/haar benodigdhede.

 

Kleuterkerk vir die .... kleuters!!! (18mnde tot 5 jaar)

  -  Ons nooi alle ouers & kindertjies van 18mnde en ouer om te kom.
  -  Ons het elke Sondag ’n Bybelles met storie en poppekas en worship (liedjies sing).
  -  Dit word gevolg deur aktiwiteite wat by die les aanpas ... verf, inkleur, spoeg en plak, speletjies en ‘n Bybelstorie DVD kyk wat
      hulle vir die hele dienstyd besig hou.
  -  Lessies word aangebied deur ’n span wat bestaan uit onnies / mammas
 

Sondagskool 6 - 9 jaar (Juniors) en 10 - 16 jaar (Seniors)

  -  Sondagskool vind tans plaas direk na die oggenddiens - die kidz/tieners verlaat die erediens wanneer ons begin om kollekte op te
      neem.
  -  Ons doen DVD-reekse, Bybelstudie ontdekkingsreise en meer.
  -  Lesse word aangebied deur ’n span wat passievol is oor die kidz/tieners in ons gemeente!
 

Voedingsarea vir Mammas met pasgebore (& ouer) babas!

By die gebrek aan ’n moederskamer het ons ’n deel van ’n lokaal privaat gemaak vir mammas wat borsvoed en klein babatjies het.
Daar kan na die preek geluister word met behulp van oorfone.
Maak gerus hiervan gebruik!

 


Tags: kidz, tieners