Inligting oor ons

SA Gemeente se hart en se deure staan oop vir alle mense. Ons bied ’n geestelike tuiste vir mense uit verskillende kerklike agtergronde.

Ons fundeer ons leer op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. In dié Woord openbaar God Hom as Vader, Seun en Heilige Gees.

Sentraal in ons bediening is die Bybels Evangeliese getuienis in die wêreld.

SA Gemeente se belydenisgrondslag is verwoord in die Gereformeerde belydenisskrifte

Ons het verskeie bedieningspunte regoor die VK wat bestuur word in vier wyksgemeentes - Londen, Suidwyk, Noordwyk en Middellande wyk.