Suidwyk 

Suidwyk Bybelbekkies (19 maande - 3 jaar)

 

‘n Kort lessie en interaktiewe programmetjie waar tydens die ouers meemaak en daarna terugkeer na die diens. Die aanbieding is op ‘n toepaslike vlak, met sang en heelwat aktiwiteit vir besige lyfies. En lekker speelgoed om daarna mee te speel! Ouers kan ook na die diens luister deur oorfone sou hulle nie hul kleinding daar wou los nie.

 

Hoewel daar nie ‘n oppasdiens is nie, funksioneer ‘n “Buddy” sisteem by beide die Babbelbekkies en Bybelbekkies. Elke “Buddy”-span bestaan uit drie ouerpare wat beurtelings na die kleingoed kyk om mekaar die geleentheid te gee om die diens sonder afleiding by te woon. Ouers kan hul eie buddies kies of ingedeel word by ‘n bestaande span.


Bennie Henning, 08/10/2007