|
Wat kan ek verwag?
SA Gemeente bied aan Christene van alle ouderdomme die geleentheid om op ’n informele wyse die Here met passie te leer ken en te dien.
Ons dienste begin gewoonlik met ’n lofprysing sessie, gevolg deur ’n boodskap van die leraar. By meeste van die wyke het ons ’n kinderbediening wat tydens die diens na die kleinspan kyk, met sondagskool na die diens vir die ouer kinders.
Na elke kerkdiens drink almal eers lekker koffie en ruil die week se nuus uit – ’n ideale geleentheid om nuwe vriende te maak as jy nuut is in die gemeente!
Selgroepe vorm die basis van ons gemeente, met selgroepe verspreid oor die hele VK. Om geestelike groei en ontwikkeling te bevorder, bied ons verskeie opleidings kursusse deur die jaar aan. Gemeentelede word ook aangemoedig om by een van ons vele bedieninge in te skakel – die beste manier om deel te word van ons familie!
Besoek gerus een van die wyks webblaaie vir wykspesifieke inligting en aktiwiteite.
|
|
|
|