Middellande 

Gebedsbediening  

Romeine 12:12 - Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Stuur asseblief ENIGE gebedsversoeke aan Juana Prins deur die onderstaande vormpie te voltooi. Dui ook asb aan of die gebedsversoek privaat/persoonlik van aard is (maw net vir die paar voorbidders by Middellande) en of dit op hierdie blad asook in die afkondiginge geplaas kan word.


Ons is altyd op soek na voorbidders om deel te word van die gebedspan.  As jy belangstel, stuur asb jou besonderhede aan ons deur ook die onderstaande vormpie te voltooi.

 


Gebedsversoeke

  • Ons bid vir ons jaarlikse veldtog - hierdie jaar se veldtog is 'Sleutels tot groei'
  • Bid vir Charl Strydom - hy het ALS en dit vorder vinnig.
  • Sarel Odendaal het maagkanker. Die kanker het reeds versprei na sy lewer en die dr kan niks meer help nie. Hy is ernstig siek en baie swak.
  • Bid vir Eddie Bridges by wie kanker gediagnoseer is.
  • Bid vir Willem Trollip wat sterwend is aan 'n hartkwaal.
  • Kom ons bid vir die hele SA Gemeente en die veranderinge wat in die volgende paar maande gaan gebeur. Bid vir ons predikante met die nuwe verantwoordelikhede.
  • Bid vir die huweliksnaweek van 26 - 27 Maart.

  • Ons sendingvennoot Next Level International (NLI) en die werk wat Kerry doen in die  Tsjeggiese Republiek. Begin nou al asb voorbidding doen vir die uitreik-aksie van ons gemeente wat vir volgende jaar beplan word. 


    “I have been driven many times to my knees by the overwhelming conviction that I had nowhere else to go...”  Abraham Lincoln



    Jou naam:

    Jou e-pos adres waar jy vertroulik gekontak kan word:

    Jou telefoon nommer tuis as jy so gekontak wil word:
    Jou selfoon nommer indien jy verkies om so gekontak te word:

    Besonderhede en spesifieke opdragte oor jou gebedsversoek (onthou asb om aan te dui as jou versoek privaat is en dus nie vir plasing op hierdie webbladsy bedoel is nie):