|
Selleiers
Agtergrond
Selgroepe is die hartklop van SA gemeente. En dis in selgroepe waar mense werklik mekaar se familie word. Veral hier in die UK waar ons as Suid-Afrikaners ver van ons eie families en vriende is. Dit is hier waar ons mekaar ondersteun, geestelik groei, die Bybel bestudeer, vir mekaar sorg en deur ons liefde vir mekaar vir die wêreld wys dat ons Jesus se dissipels is.
En vir dit alles om te gebeur, is daar 'n selleier nodig wat bereid is om die verantwoordelikheid te neem vir 'n selgroep. En dit is BAIE belangrik dat selleiers reg toegerus is vir die taak.
Daarom het ons die nuwe blad geskep - vol resources vir jou as selleier. Hierdie is slegs die begin en ons hoop om die blad stadig maar seker uit te brei om meer en meer resources te bevat om dit vir jou makliker te maak om jou selgroep te lei en te fasiliteer.
Bybelstudies
Kliek hier vir 'n lys van Bybelstudies |
|
| | | | | | |
|