Dankfees 

Dankfees 2010

Die Dankfees is 'n jaarlikse instelling en daar word altyd met groot verwagting na dit uitgesien. Vanjaar beloof om weer 'n naweek van lekker saam kamp, kuier, eet, speel en nog meer te wees.

 

Waarom 'n Dankfees?

SA Gemeente hou jaarliks 'n Dankfees om dankie vir die die Here te sê vir die oorvloedige seën wat ons elke jaar onverdiend uit die Here se hand ontvang. Dis dan ook 'n lekker geleentheid om weer saam te kuier met ou bekendes, maar ook 'n ideale tyd om mense te nooi wat nuut is/nog nie by die Dankfees was nie.

 

Wat gebeur alles?

Die Dankfees is Saterdag, 25 September en die fees begin om 10:00. Maar gewoonlik kamp mense sommer van die Vrydagaand af saam tot die Sondagoggend. Daar is dan ook lekker stalletjies (pannekoek, vetkoek, boerewors rolle en vele meer); 'n hele klomp aktiwiteite (touchies, volleyball, boeresport, 4x4 ry ens) ; heerlike saam kuier en sokkie die Saterdagaand en 'n diens die Sondagoggend.

 

Hierdie jaar word daar ook groter voorsiening gemaak vir kinderaktiwiteite sodat ouers lekker kan kuier terwyl kinders hulle gate uit geniet.

 

Wat kan ek alles doen?

Kom eet jouself trommel dik aan lekkernye, kom kuier saam met ou bekendes of kom volunteer by 'n stalletjie vir 'n uur of 2. Of kom speel saam met jou sel volleyball of neem deel aan die boeresports. En rond dit af met 'n lekker kamp oor die naweek.

 

Waar kan ek inskryf/volunteer?

Stalletjies - kliek hier om te volunteer.

Sport - skryf hier in vir die verskillende sporte en potjiekos.

Kamp - kliek hier vir die inskrywingsvorm

 

Hoe kom ek daar?

Die Hop Farm is so 36myl buite London en die maklikste is om soontoe te ry. Kliek hier vir meer info.

 

Meer detail:

Datum: Saterdag, 25 September 2010
Tyd: 10:00 tot laat
Plek: Hopfarm, Paddock Wood, TN12 6PY
Koste: £3 per volwassene, £1 per kind (onder 16)


Kontak details:

Kontak gerus vir Barry Maré by dankfees@sagemeente.com vir meer info.