|
Gemeentewye Aksies
SA Gemeente bied verskeie aksies deur die jaar aan wat saam deur al die verskillende wyksgemeentes aangebied word. Hierdie blad gee vir jou ‘n oorsig van die verskillende aktiwiteite wat huidiglik in die gemeente aangebied word.  Die Dankfees het op Saterdag 6 September by die Hop Farm in Kent plaas gevind. Dit was 'n dag van groot kuier, braaivleis, koeksisters, melktert, boeresport en ook 'n sokkie in die aand!
En Johan Stemmet het die dag aangebied en ook vir ons 'n Noot-vir-Noot in die aand aangebied - so in die hartjie van Engeland!
Die dag was 'n reuse sukses en alle eer aan die Here wat die dag moontlik gemaak het!
Ons volgende gemeentewye projek, is die "Opsoek na Ware Noord". Kliek hier vir meer info.
|
|
|