Dankoffer
Die gemeente is afhanklik van die finansiële ondersteuning van lede om die werk van die Here hier op aarde voort te sit.
"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." - 2 Kor 9:7
Die kerk is 'n "registered charity" in die VK (charity number: 1041617). Kliek hier vir meer info op die Charity Commission se website. Die kerk is ook geregistreer vir Gift-Aid. Dit beteken dat die kerk die belasting wat jy op jou dankoffer betaal het, kan terug eis van die Engelse Regering. (teen geen koste vir die persoon)
Kliek hier vir 'n Gift-Aid vorm. Druk dit uit, voltooi dit en stuur dit aan die kerk se tesourier (adres is hier onder)
Daar is verskeie maniere om 'n bydrae te maak:
Vul asb 'n Gift Aid koevert in en sit jou dankoffer in die koevert in die kollektebord by 'n diens.
'n Ander maklike manier is om 'n aftrekorder op jou rekening op te stel. Laai die aftrekorder vorm hier af, druk dit uit, voltooi dit en stuur dit aan die kerk se tesourier by:
Marlene Neilson
SA Congregation
7 Whitehall Lane
Grays
Essex
RM17 6SJ
3. Direkte inbetaling in die gemeente se bankrekening
|
Direkte inbetalings kan gemaak word vir Dankoffers asook ander redes soos Gemeentekampe, Gemeente Aksies ens.
Die bank besonderhede: HSBC Account name: SA Congregation Sort code: 40-22-05 Rekening nommer: 91374265
Stuur asb 'n epos aan die kerk se tesourier, Marlene, by bank@sagemeente.com en spesifiseer:
- die bedrag
- die rede vir inbetaling (bv Dankoffer, Gemeentekamp, Dankfees ens)
- die bedieningspunt wat jy bywoon (bv Bristol, Guidlford, Londen ens)
4. Per debiet- of kredietkaart (e-Dankoffer)
|
Ons is besig om die nuwe en e-Dankoffer bladsye op te gradeer. Dit behoort eersdaags lewendig te wees.
Kontak ons gerus op info@sagemeente.com vir enige navrae.
|