Suidwyk 

KONTAK NUUSBRIEF - 21 Julie 2010

Sout en lig

“The big Society” is oral in die nuus. Die politici verduidelik dat ‘n spesiale poging aan gewend gaan word om die plaaslike gemeenskappe te motiveer en te mobiliseer om groter verantwoordelikheid te aanvaar vir dienslewering in die gemeenskap.
 
Vir Christene is dit nie nuut nie. Jesus het aan sy volgeling opdrag gegee om die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld te wees. (Matt 5:13)  Sout gee smaak en werk die verval tee. Lig verdryf die duisternis en bring verligting. Maar sout wat in die potjie bly en ‘n lig wat onder ‘n emmer weggesteek is, maak geen verskil nie. Ons opdrag is om in die gemeenskap betrokke te wees met die Goeie Nuus wat met woorde en dade ‘n bydrae maak om van die wêreld ‘n beter plek te maak. Dis nie politiek nie. Ons doen dit omdat ons nie anders kan nie, want die liefde van Christus dring ons en dwing ons om betrokke te wees by die nood van die wêreld.(2 Korintiërs 5:17)
 
Jesus het gesê: “Ek was honger en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling; en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere en julle vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk en julle het My besoek... Dit verseker Ek vir julle; Vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” (Matt 25:35)
 

Ek het afgelope tyd verskeie gesprekke gehad met lidmate en selgroepe vir aktief betrokke is by verskillende gemeenskapsprojekte in die plaaslike Engelse gemeenskappe. Hulle is reeds deel van die “big society”. 

Ockie Raubenheimer