Middellande 

Hartskrif Logo Rooi
 Deel jou gedagtes ... 
Sonneblom
Alda Erasmus, Wed 28 Oct, 23:19

 
Wie het Jesus gekruisig?
Was dit die ongelowiges van daardie tyd?
Die antwoord daarop is ongelukkig Nee
Dit was Christene, die Fariseërs was immers die gelowiges van daardie tyd
Die wetsgeleerdes, die mense wat die Woord bestudeer het
Dit is hulle wat die Seun van God verstoot het,
Wat die Redder van die mensdom alleen en verlate aan ‘n kruis vasgespyker her.
 
En vas geglo het, hulle doen reg. Hulle weet beter. Hoe verkeerd was hulle nie!
Satan werk soms deur Christene…
Hoe dikwels is ons nie oortuig van ‘n saak nie, ons baklei vir daardie saak, maar die vrug van dit waarvoor ons baklei vertel ‘n ander storie.
‘n Storie van verbreekte verhoudings/verdeeldheid en negatiwiteit.
 
Daarom is dit so belangrik om God se karakter te leer ken, sodat ons kan weet wanneer iets God kom en wanneer iets van die vyand af kom. God het die Duiwel oowin maar dit beteken nie daar is nie ‘n geveg aan die gang nie.
Hy mislei ons, manipuleer ons en jok vir ons. Dit is die vrug van sy werk.
 
Om hom teen te staan moet ons die Woord ken, God se karakter ken en bid.
En gaan kyk na die vrug van ons dade.
 
Want dalk, dalk net is ons as gelowiges besig met die werk van die duiwel..
Met die beste bedoelinge ooit.
 
Waar is jy?
Skreeu jy dalk saam: Kruisig Hom! Kruisig Hom!
 
Of loop jy ‘n ander pad…..
 

 

Hartskrif Skoenlapper