Mannebediening
Die Mannebediening hou gereelde gebedsoggende, gholfdae en 'n jaarlikse Mannenaweek in die Peak Dsitrict. Hulle woon ook saam geleenthede soos Angus Buchan se Mannekonferensie naby Worcester, die SA Gemeente Dankfees in Kent en die Middellande Wegbreeknaweek, by.
Gespreksforum
Na die 2008 Mannenaweek het die ouens besluit om 'n Wiki te begin waar SAG Middellande se manne gedagtes met mekaar kan deel. Daar is inligting oor goeie videosnitte, teksverse, gebedsversoeke, foto's en inligting oor die Mannebediening se aktiwiteite. Kliek hier om by die gespreksforum aan te sluit.
Mannenaweek
Die Mannenaweek word elke jaar in November by Hartington Hall in die Peak District gehou vir al SAG Middellande se manne en seuns. Dit is fantastiese geleentheid vir die manne om mekaar beter te leer ken en te ontspan terwyl ons saam kos maak, rugby kyk, stap, klim, lag en die Here loof deur middel van Bybelstudie, geestelike gesprek en lofsang.
Mannedae
In die somer hou ons gewoonlik 'n Gholfdag waar almal - of jy nou gholf speel of nie - saam kan ontspan, lag en mekaar beter kan leer ken.
Navrae
Vul gerus hierdie vorm in as jy enige navrae oor die Mannebediening het.
|