|
Sending

NLI Europe
Middellande Wyk se sendingvennoot is Next Level International (NLI) - 'n organisasie wat kerkplanting doen in Oos-Europese lande soos die Tsjeggiese Republiek, Ukraïne en Poland.
Ivan en Katka van Pribor
Dis al 'n geruime tyd wat ons gemeente saam met Next Level International betrokke is by 'n kerkplantingsprojek in die Tsjeggiese Republiek. Kerry Parker werk vir die afgelope twee jaar saam met Ivan and Katka. Hy't gesien hoe 'n sag besproke paartjie al hoe sterker word in die roeping wat die Here op hul harte gelê het - om in 'n deel van hul land in te gaan en 'n evangeliese kerk te begin in 'n gebied wat nog nooit enige blootstelling daaraan gehad het nie.
In Oktober 2009 het 'n uitreikspan van ons gemeente na Pribor, waar Ivan en Katka besig is om die nuwe kerk op die been te bring, gegaan. Die ondersteuning van die uitreikspan het Ivan geweldig bemoedig, maar die span self het met ongelooflike getuienisse en begeesterd uit Pribor teruggekeer. In 2010 gaan ons weer 'n uitreikspan na Pribor stuur om saam met hulle hierdie opwindende pad saam met die Here te stap.
Hoe jy kan help?
Jy kan die projek op 'n paar maniere ondersteun:
1. Ondersteun die projek finansieel. 2. Bid vir die uitreikspan en vir Ivan en Katka en die werk wat hulle in Pribor doen.
Hoe jy die projek finansieel kan ondersteun?
Ons ondersteun die kerkplantingsprojek op 'n maandelikse basis. Die doelwit is om elke maand £220 na Pribor te stuur om die kerkplantingspan daar finansieel te help ondersteun. Om hiertoe by te dra, kan jy 'n donasie maak by www.justgiving.co.uk/nliczh.
Borg 'n Kuyasa-kind
Ons is ook van die begin van 2008 af betrokke by Kuyasa - 'n opheffingsinnisiatief wat hoop verskaf aan weeskinders en kinders wie se ouers terminaal siek is aan HIV/VIGS in die Kayamandi gemeenskap naby Stellenbosch in Suid-Afrika. SA Gemeente se lidmate ondersteun reeds 54 vigs weeskinders in die gemeenskap.
Dit kos £20 per maand om 'n Kuyasa-kind te borg en dit kan deur die Hopefeedr webwerf gedoen word. |
 |
|
|
|