ons gee om

Ons Gee Om

SA Gemeente gee om en daarom wil ons op ’n manier help waar lidmate hulle werk verloor het.

 

‘n Bediening is begin waar persone wat werk verloor het, emosioneel ondersteun word asook ’n geleentheid kry om hulle CV op die webblad (www.sagemeente.com/onsgeeom) te plaas onder Werk Gesoek. As jy van ’n werksgeleentheid weet, kan dit ook hier geplaas word onder Werk Aangebied. Daar is ook ’n gespreksforum waar jy kan gesels met ander persone wat hulle werk verloor het.

Ons is God se hande en voete hier in Engeland en gee om vir jou!

  

Gespreksforum

Ons wil graag 'n oop gespreksforum skep waar jy anoniem jou eerlike gevoel en hart kan neer pen oor die hele ding van werksverlies.

Kliek hier vir die gespreksforum.

 
Werk Aangebied

Mense wat weet van werkgeleentehede, kan die forum gebruik om werksgeleentehede op te adverteer.

Kliek hier vir werk wat aangebied word.

 

Werk Gesoek

Werkgewers: hierdie forum gee 'n "snapshot" van mense se ondervinding, kwalifikasies en tipe werk wat hulle soek.

Kliek hier vir 'n lys van kandidate

 

Werk Vorm

Vul asb die onderstaande vorm in indien jy jou inligting op die Werk Gesoek forum wil publiseer. Die eerste gedeelte is slegs vir kantoor gebruik. Die kwalifikasies, ondervinding en tipe werk gaan op die Werk Gesoek forum gepubliseer word.

 

Slegs vir kantoor gebruik:

Naam en Van:
Email Adres:

Selfoon:

SA Gemeente Bedieningspunt:

Predikant:
Selgroepleier (indien van toepassing):
Selgroepleier Selfoon (indien van toepassing):
Wil jy graag inskakel by 'n selgroep:
Waarvoor kan ons vir jou bid:
Wil jy kuier saam met ander wat ook werk soek:
Wil jy met iemand gesels:

Die volgende inligting gaan op die web gepubliseer word:

Kwalifikasies:
Ondervinding:
Tipe werk gesoek:

Email asb jou CV na onsgeeom@sagemeente.com sodat dit aan belangstellende werkgewer gegee kan word.


Tags: ons gee om