|
| |
Doop
Hier by SA Gemeente Londenwyk
Hier is al die inligting wat jy nodig het om jou baba te laat doop.
- Vul asb. die onderstande vorm in en stuur. Die inskrywing moet ten minste 6 weke voor die Doop gedoen word.
- Luister na die preek oor die doop. (kliek hier),
- Stuur asb. vir ons 'n foto van jou baba (ten minste 1MB groot) en van julle gesin (pa, ma & baba) na chantal@sagemeente.com .
- Die doopgesprek is gewoonlik elke 3e Sondag van die maand na die oggenddiens, daar is egter uitsonderings n.a.v die beskikbaarheid van die predikant. Bevestig net eers met my by chantal@sagemeente.com.
- Die gesprek behoort nie langer as 30 minute te duur nie.
- Doop dag: Die doop word van nou af 'live gestream' vir julle familie en vriende wat nie hier kan wees nie. Julle kan hulle vertel daarvan. Gaan na ons website, hover op 'Preke' en net onder dit is 'Streaming' click dan daarop en die streaming sal wys.
In Suid-Afrika
- Vul die onderstande vorm in en stuur.
- Luister na die preek oor die doop. (kliek hier),
- Die doopgesprek is gewoonlik elke 3e Sondag van die maand na die oggenddiens, maar daar is ook uitsonderings n.a.v die beskikbaarheid van die predikant. Bevestig watter een julle kan bywoon by chantal@sagemeente.com
- E-pos asb vir my die dominee wat die doop in SA gaan doen se besonderhede asook die kerk se adres, sodat die brief vooraf vir julle opgestel kan word. Julle sal dit dan tydens die doopgesprek kry.
Vul asb onderstande in:
| Doopdatum: |
|
|
|
|
|
| |
| | | |