| | | | | | |
Meer oor Ons
SAG se identiteit
- SA Gemeente fokus op die bediening van Suid-Afrikaners in die VK.
- Die gemeente bedien vanuit die Gereformeerde belydenis met ‘n Evangeliese aanslag gegrond op die gesag van die Woord, soos geformuleer in die verskillende ekumeniese belydenisskrifte.
- Die gemeente funksioneer inklusief en bestaan uit mense vanuit verskillende Christelike kerke, denominasies en kulture.
- Afrikaans as taal, is nie ‘n beginsel nie, maar ‘n medium van kommunikasie. Op die oomblik is die oorgrote meerderheid lidmate Afrikaans magtig. Daar word voorsiening gemaak vir Engelse vertaling by alle dienste. Die materiaal vir die jeug is hoofsaaklik in Engels. Die taal situasie in die gemeente is nie staties nie, maar kan verander na gelang van omstandighede.
- SA Gemeente is nie ‘n onafhanklike gemeente nie, maar funksioneer binne die kerkverband van die NG Kerk en in noue samewerking met ander kerke in Suid-Afrika.
- In die VK is SA Gemeente lid van die Evangelical Alliance.
SAG se waardes:
Ons wil ’n gemeenskap wees wat:
- Gebou word, versterk word en groei deur die Woord van God;
- Graag alle mense in liefde en genade wil hanteer, soos God ons met liefde en genade hanteer;
- Graag met integriteit, egtheid en opregtheid wil lewe en bedien;
- Verhoudings sien as die mees geloofwaardige wyse waarbinne die evangelie geleef en oorgedra word;
- ‘n Ruimte wil skep waarbinne mense bemagtig word om ten volle deel te raak van die bediening en self kan bedien;
- Die geleentheid vir lidmate wil skep om ingebind te word in kleingroepe as noodsaaklik bousteen vir geloofsgroei;
- Mense voortdurend wil uitdaag tot ’n persoonlike verhouding met die Here en op die pad van geloofsgroei wil begelei.
- Lidmate as getuies wil toerus om met hulle gawes betrokke te raak en diens te lewer in die plaaslike gemeenskappe waar ons woon en werk in die VK.
Ons strategie vir hierdie bediening is WEN, BIND, LEER, STUUR

|
|
| | | | |
| | |
|
|