Dankoffer

Donate

 

"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." - 2 Kor 9:7


SA Gemeente, as 'n "registered charity" in die VK (charity number: 1151071), laat ons toe om Gift-Aid by die HMRC te eis - 25% van alle bydraes waar ons 'n Gift-Aid vorm van die bydraer (as 'n VK belastingbetaler) het. Die kos die bydraer niks en geen voordeel word verloor nie. Op jou persoonlike belastingopgawe (Tax reliefs - Charitable Giving) kan jy alle bydraes aan Charities toon wat dan met jou belastingberekening in aanmerking geneem word. Ons benodig slegs jou Gift-Aid vorm wat jy hier kan aflaai na jou rekenaar. Stuur die voltooide vorm aub na bank@sagemeente.com.
 

Die kerk is afhanklik van die lidmate om die werk van die Here hier op aarde voort te sit en daar is verskeie maniere om 'n finansiële bydrae te maak:

 

1. In die kollektebord by die erediens

Vul asb 'n Gift Aid koevert in en sit jou dankoffer saam met die koevert in die kollektebord.

2. Aftrekorder of 'n Direkte Inbetaling in die SA Gemeente se bankrekening

'n Ander maklike manier is om 'n aftrekorder ("Standing Order") vir jou maandelikse dankoffer op jou bankrekening op te stel met ons bank besonderhede:

Bank: HSBC
Account name: SA Congregation
Sort code: 40-22-05
Rekening nommer: 91374265

Direkte inbetalings kan gemaak word vir Dankoffers asook ander redes soos Gemeentekampe, Gemeente Aksies ens. Stuur asb 'n epos aan die kerk se tesourier by bank@sagemeente.com en spesifiseer:
* die bedrag
* die rede vir inbetaling (bv Dankoffer, Gemeentekamp, Dankfees ens.)
* die bedieningspunt wat jy bywoon (bv Londen, Guidlford ens.)
* jou geboortedatum & doopnaam (slegs nodig indien jy in die VK belasting betaal en ons Gift-aid mag terug eis)
* jou huidige adres in die UK (slegs nodig indien jy in die VK belasting betaal en ons gift-aid mag terug eis)

 

2. Met Paypal

Maak 'n bydrae by: Paypal.me/SAGemeente Sit aub net 'n beskrywing in die nota sodat ons weet waarvoor dit is, en sê ook vir watter wyk dit is. Of, Scan die QR Code en maak 'n bydrae:

Screenshot 2025-06-13 120714 

3. Met 'n Selfoon SMS

SMS net die volgende kodes en die bedrag sal dan van jou selfoon rekening verhaal word:

Bydrae vir Londen gemeente:
£5 - stuur na 70970 die SMS kode RSAG001
£10 - stuur na 70191 die SMS kode RSAG001

Bydrae vir Loughton gemeente:
£5 -stuur na 70970 die SMS kode RSAG002
£10 - stuur na 70191 die SMS kode RSAG002

Bydrae vir Birmingham gemeente:
£5 - stuur na 70970 die SMS kode RSAG003
£10 - stuur na 70191 die SMS kode RSAG003

Bydrae vir Guildford gemeente:
£5 - stuur na 70970 die SMS kode RSAG004
£10 - stuur na 70191 die SMS kode RSAG004

Bydrae vir Maidstone gemeente:
£5 - stuur na 70970 die SMS kode RSAG005
10 - stuur na 70191 die SMS kode RSAG005