Meer Oor Ons

By SA Gemeente glo ons dat geloof nie 'n Sondag-aktiwiteit is nie, maar 'n lewens-netwerk, 'n dinamiese beweging waar mense verbind, groei en saam leef as deel van God se groter storie. Dis 'n netwerk waar jou lewe sin kry, jou geloof vlerke kry, en jou gesin deel word van iets wat groter is as onsself.
Die SA Gemeente Suidwyk is 'n protestante kerk met meeste van die lidmate, oorspronklik vanaf Suid Afrika, wat nou in die suide van Engeland bly. Ons eredienste is in Afrikaans (met Engelse vertaling waar prakties), en ons het dienste in Birmingham, Guildford, Londen, Loughton en Maidstone.
Die SA Gemeente is 'n geregistreerde "charity" in Engeland en Wallis (Charity number:
1151071).